Vlag van Kanada

Vlag van Kanada
Vlag van Kanada
Vlag van Kanada
Bynaam (en) Maple Leaf Flag
(af) Die Esdoringblaar
(fr) l’Unifolié
(af) Die Eenblarige
Gebruik Burgerlike- en staatsvlag en vaandel Burgerlike en staatsvlag en -vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 15 Februarie 1965
Ontwerp Drie vertikale bane in rooi, wit en rooi met ’n rooi esdoringblaar in die middel van die wit baan.
Ontwerp deur George Stanley
John Matheson
Wisselvormvlag van Kanada
Wisselvormvlag van Kanada
Gebruik Oorlogsvlag Oorlogsvlag
Verhouding 1:2
Wisselvormvlag van Kanada
Wisselvormvlag van Kanada
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 1:2
Wisselvormvlag van Kanada
Wisselvormvlag van Kanada
Bynaam Weermagvaandel
Verhouding 1:2
Wisselvormvlag van Kanada
Wisselvormvlag van Kanada
Bynaam Lugmagvaandel
Verhouding 1:2

Die nasionale vlag van Kanada[1] is op 15 Februarie 1965 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie vertikale bane in rooi, wit en rooi met ’n rooi elfpuntige esdoringblaar in die middel van die wit baan.

Die aanvaarding van die vlag in 1965 was die eerste keer dat ’n nasionale vlag vir Kanada gekies is om die Unievlag te vervang. Die Rooi Kanadese Vaandel is nieamptelik gebruik sedert die 1890’s en is in 1945 deur ’n algemene maatreël van bestuur goedgekeur vir gebruik "waarookal die plek of geleentheid hom voordoen om ’n kenmerkende Kanadese vlag te laat wapper."[2][3] In 1964 het Eerste Minister Pearson ’n komitee aangewys om die vraagstuk op te los. Dit het gelei tot ’n ernstige debat oor die verandering van die vlag. Uit drie opsies is George Stanley en John Matheson se esdoringontwerp wat gebaseer was op die vlag van die Koninklike Militêre Kollege van Kanada, gekies. Die vlag is die eerste keer op 15 Februarie 1965 ten toon gestel; hierdie datum word jaarliks gevier as die Nasionale Kanadese Vlagdag.[4]

Baie verskillende vlae is geskep vir gebruik deur Kanadese amptenare, regeringsliggame en militêre magte. Die meeste van hierdie vlae maak op die een of ander manier van die esdoringblaarmotief gebruik deur die Kanadese vlag in die skildhoek te hê of deur esdoringblare in die ontwerp te gebruik. Die Koninklike Unievlag is ook ’n amptelike vlag in Kanada en word gebruik as simbool van Kanada se lidmaatskap van die Britse Statebond, en die verbintenis tot die Kroon.[5][6][7] Die Unievlag is steeds ’n element in ander Kanadese vlae waaronder die provinsiale vlae van Brits-Columbië, Manitoba en Ontario.[8]

  1. (en) Kanadese Erfenis – Jy wou weet... Geargiveer 8 Junie 2011 op Wayback Machine
  2. (en) Stacey, C. P., red. (1972). "19. Order in Council on the Red Ensign, 1945". Historical documents of Canada. Vol. 5. New York Stad: St. Martin’s Press. p. 28. ISBN 0-7705-0861-8.
  3. (en) "First "Canadian flags"". Departement van Kanadese Erfenis. 24 September 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2013. Besoek op 16 Desember 2008.
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named flagfest
  5. (en) "The Royal Union flag (Union Jack)". Canadian Heritage. 17 November 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2013. Besoek op 9 Maart 2015.
  6. (en) "Statement by the Hon. Jason Kenney, PC, MP, Secretary of State (Multiculturalism and Canadian Identity) on Commonwealth Day". Canadian Heritage. 10 Maart 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2011. Besoek op 10 Maart 2008.
  7. (en) "Royal Union Flag". Canadian Heritage / Patrimoine canadien. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2008. Besoek op 19 Augustus 2011.
  8. (en) Fraser, Alistair. The Royal Union Flag. Pennsylvania State Universiteit.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search